LEEF MET INTEGRITEIT: Vind vervulling in verhoudings sonder kompromieë

OORSIG:

Ons leef in ‘n samelewing wat grootliks morele standaarde en Christelike beginsels laat vaar het. Onvervulde verkiesings veldtog beloftes, vals adverterings, oordrewe belastingvrystelling, werknemerdiefstal – kompromieë het ‘n manier van lewe geword. So ‘n morele toegewing het selfs die kerk binnegeval. Gekonfronteer met ‘n geleentheid om Christus aan ongelowiges te verkondig, voel ons geïntimideer en bly dikwels stil. Ons veroorsaak afbreek aan God se Woord oor etiese kwessies by die werk of in ons gemeenskap net om verwerping te voorkom. Te dikwels verkies ons skynheiligheid bo-oor integriteit.

God verlang na Sy mense om anders te wees – om ‘n verbintenis tot sy standaarde te handhaaf, maak nie saak wat die koste is nie. Konsekwente gehoorsaamheid aan God – integriteit – is haalbaar in hierdie wêreld deur die genade en krag van God.

Een van die mees gerespekteerde pastore wys die pad na goeie karakter in Christus. MacArthur doen so met skriftelike voorbeelde van goddelike mans wat integriteit tydens streng toetsing gemodelleer het. MacArthur maak ‘n goeie saak uit vir die impak wat ‘n man of vrou van integriteit in ons wêreld kan hê.

RESENSIE:

Ek het hierdie boek deeglik geniet. Dit is ‘n vinnige lees van sowat 100 bladsye voor en agter altesaam, 200 bladsye om te lees. Dit is maklik verwoord en baie insiggewend. Ek kan nie sê dat ek altyd met MacArthur saamstem nie (hy is ‘n ‘Calvinist Baptist Cessationist’. Met nader woorde ‘n gereformeerde prediker wat ‘groot doop’ en glo in die stop van die werking van die Heilige Gees by die eerste apostels), maar jy kan nie sy toewyding aan ons Here en Verlosser Jesus Christus ontken nie. Sy kennis en betroubaarheid aan Die Bybel is bemoedigend, dit gee sy woorde gewig. Jy kan nie anders as om te luister na wat hy sê nie. Mag dit ‘n voorbeeld vir ons almal wees.

As jy nie bekend is met sy skryfwerk nie – MacArthur mors nie woorde nie. Hy is baie regguit, eerlik en eg. Party kere het ek gevoel hoe hy opgewonde raak oor sekere kwessies wat hom regtig ontstel. Dit is kwaliteite wat ek waardeer in die christelike skrywers wat ek hou van om te lees. Eerlikheid is die hoogste vorm van intimiteit vir my as persoon, leser en skrywer. (Gaan lees my artikel oor eerlikheid onder “Hart op die tong”.)

Ek het niks negatiefs te sê oor hierdie boek nie. Dit kan as ‘n goeie hulpbron dien vir ‘n dissipelskapgroep of selgroep – veral wanneer jy klem wil lê op goeie verhoudings, liefde, eerlikheid, integriteit en geestelike dissipline. Die boek bevat ook hulpbronne vir groep bespreking.

Ek hou regtig van die woorde waarop die boek eindig: “Die krag van integriteit is eenvoudig: Wees gehoorsaam aan God en kyk hoe Hy jou gebruik om lewens om jou te transformeer. Die teenoorgestelde van gehoorsaamheid is kompromie, en niemand sal besonder beïndruk wees nie, want dit is so kenmerkend van mense vandag.”

Advertisements