VRA DIE REGTE VRAE

Payday! Hoe heerlik is dit nie om ‘n week voor die tyd te droom oor wat jy alles met jou geld gaan doen wanneer dit binne-in jou bankrekening land nie? Soos dit nou is met alles in die lewe sal daar ook so nou en dan op payday iets skeef loop. Iets soos ‘n pap wiel, ‘n pap kar battery, ‘n kar ongeluk of iets in die huis wat onverwags net ophou werk. Dit is nie ‘n aangename gevoel om daardie hard verdiende loon so vinnig, so vroeg weg te gee vir iets waarvoor jy nie beplan het nie.

Ja…(Sugh)…

My rekenaar se hardeskuif het ge-“crash”. Al my harde werk, studies, werkopdragte, flieks en series is net…weg. Daar is geen kans om dit te red nie en ek was op die ou einde verplig om die hardeskuif te vervang. Ons weet as iets so traumaties soos dit gebeur, vra ons onsself vra soos: “Hoekom nou!?”. Ons skop die arme hond, breek ‘n stoel en gooi ons vuiste in die lug met ‘n geskreeu: “Kan niks net reg afloop nie!?”

Ek moet bieg. Dit is nie die ergste ding wat kon gebeur nie, maar sulke klein goedjies is partykeer SO GROOT en die groot goed  so klein, maar dit is ‘n skrywe vir ‘n ander dag.

Kwaliteit vrae:

Tony Robbins het gesê dat die kwaliteit van jou lewe bepaal word deur die kwaliteit die vrae wat jy vra. Ek kan nie meer saamstem nie. Ek dink dit is een van die mees onderbenutte sielkundige beginsels tot ons beskikking. Daar is drie soorte vrae: (1)vrae wat jy jouself vra; (2) vrae wat jy vra vir ander mense; (3) vrae tydens gebed.

Dink aan die slegste oomblik van jou lewe. Dink bietjie verder oor die uitkoms van daardie oomblik en vra jouself: “Hoe was dit die beste ding wat nog met my gebeur het?” Ons kan nou onderskeid tref tussen die goeie en slegte uitwerking van gebeure, want dit is reeds vasgekeer in die verlede en vatbaar vir ondersoek. Dus, moet ons dit wat gebeur het in “geheue-bokse” kan ingooi. Van daardie bokse moet in die vuur gewerp word en ander kan gestoor word vir toekomstige benutting.

Jy sien, wanneer ons vra: “Hoekom ek?” of “Hoekom is ek so ongelukkig dat dit met my moes gebeur?”, kry jy dit waarop jy jou fokus plaas. Wanneer ons deur die regte vrae te vra terug werk na die oorsprong van ons slegste oomblikke sal ons kan sien of ons, onsself moet vergewe, ander mense moet vergewe of ons sonde bely en  vir vergifnis moet vra. Let wel, dat ek nie praat oor depressie of chroniese angstigheid nie. Ek probeer die klem plaas op daardie onverwerkte gemors in jou lewe, wat jou terug hou om jou volle potensiaal te berieik. Indien jy suksesvol wil wees in die sin waar “sukses” gekatogoriseer word as ‘n goeie, vredevolle, vreugdevolle en vrugdraende leefwyse; moet jy leer om jou fokus te skuif deur jouself die regte vrae te vra.

Wanneer dit sleg gaan vra jy nie jouself: “Hoekom gaan dit so sleg nie?”. Vra jouself eerder: “Hoe kan my lewe verbeter?” Jy sien, in die tweede vraag is daar reeds ‘n stilswye erkenning dat die situasie nie goed lyk nie. Al wat jy nodig het is om jou volgende treë te plaas in die regte rigting.

Dit is hoe ons koppe werk: 

Dit is hoe ons koppe werk. Dit herhaal goeie en slegte gebeure konstant totdat jy hulle ten volle verteer het en dit op ‘n permanente plek in jou langtermyngeheue en selfvertelling geplaas het. Of die gebeurtenis as positief of negatief gestoor word, telkens- of dit as ‘n vernietigende gebeurtenis of ‘n groeifunksie gestoor word – is hoofsaaklik gebaseer op die vrae wat jy self oor die gebeurtenis gaan vra. Wees dan baie verstandig oor die vrae wat jy vra. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan daarop reflekteer, iets daaruit leer en ‘n verandering maak waar nodig.

Hierdie refleksie begin by ons geoefende vermoë om die regte vrae te vra.

Die realiteit is dat ons lewens eintlik allerdaags is, maar ons ervaar dit as geweldig groot en intens. Die wekker lui, ons was onsself en borsel tande, gaan werk toe, maak huis skoon en gaan slaap. Enige iets wat inbreuk maak op hierdie orde is ‘n frustrasie. Daar vind baie gebeure plaas op ‘n baie klein skaal in ons daaglikse wandeling, maar indien ons nie al die goeie en slegte gebeure uitsorteer nie – wel dan word ons een van daardie mense wa heeltyd gaan vir berading, of sielkunidige behandeling. Ja, elkeen van daardie bedieninge het hulle plek. Die doel van so iets is tog steeds dat jy genees word.

Die regte vrae kweek volwassenheid:

Deur onsself die moeilike vrae te vra kweek volwassenheid. Dit bring ons tot op die plek waar ons die eintlike probleme in die oë staar, erken dat dit ‘n probleem is en werk om van daardie punt af te herstel. Die eerste stap tot herstel sal altyd erkenning wees. Ons moet kan eerlik wees met onsself. Anders gaan ons aanhou wandel in sonde, die verkeerde optrede herhaal en seerder en seerder kry – en meer en meer vinger wys!

Deur daardie selfde vrae te stel aan iemand anders gaan jy die geleendheid skep om te evalueer hoe ander mense jou beleef, want soms loer ons vir onsself deur ‘n omgekeerde vêrkyker. Ons sien net minimaal en ten dele. Jy het vriende nodig wat daardie vrae eerlik kan antwoord.

Geestelike vorming:

Van die begin af het God ons innerlike wese geskep en ons wonderlik en uniek gemaak (Psalm 139: 13-16).  Die volwassenheidsproses word duidelik uitgebeeld in die Bybel deur Abraham, Isak, Jakob, Dawid, Petrus, Paulus en Johannes. Deur ‘n redelike onortedokse benadering toon Dawid menslike ontwikkeling van skaapwagter tot Koning. Dit gee hoop aan medestryders soos ek wat daagliks struikel oor die leer van sukses. Selfs deur alles waardeur Dawid moes gaan, was hy nogsteeds erken as “n Man na God se hart.” (1 Samuel 13:14). Ons kan sien wanneer ons die Psalms lees dat Dawid niks van God weggesteek het nie. Hy vra ook die moeilike vrae wat ons vra: “Hoe lank HERE, sal U my altyd deur vergeet? Hoe lank sal U vir my U aangesig berg?” (Psalm 13)

Sosiale Wetenskap kan ons help om die natuurlike kant van menslike groei te verstaan ​​en insig te gee in sommige van die hindernisse tot gesonde ontwikkeling, maar dit is slegs een helfte van die vergelyking. ‘n Mens moet nie net kyk na die natuurlike kant van menslike volwassenheid nie, maar ook die bonatuurlike of geestelike dimensie. Geestelike vorming het ‘n belangrike rol gespeel in die bogenoemde godsmanne se reis.

Ons het nou vasgestel dat jy die regte vrae vir jouself en vir ander mense moet vra. Nou wat van die vrae wat ons het vir die Here? Daar is tog sekerlik a verbintenis tot die vrae wat ons onsself vra en die vra wat ons vir God vra. Nie waar nie?

Die vrae wat ons vir God moet vra:

God word nie deur die vrae geïntimideer nie. In nastrewing van die waarheid sal jy hopelik ontdek dat niemand tot ‘n volledige begrip kom sonder geloofsinligting, of geopenbaarde kennis nie. Daarom is dit ook belangrik om die regte vrae te vra vir God, want jy kry partykeer waarvoor jy vra. Niemand van ons is robotte nie. Ons word nie vooraf geprogrameer om alles te weet nie. Dit is in daardie oomblikke van gebed wat ons alles wat ons nie verstaan nie, oor onsself, die lewe, situasies ens. kan ontbloot voor die Here.

Soos daardie lied “Here’s my heart Lord”. Dit is in die oomblikke wat ons onsself bring voor die Here, hom die reg tot inspraak gee en waar Hy die waarheid oor ons kan openbaar. Om by hierdie plek te kom moet jy die een belangrike vraag vra wat baie min mense graag vir hulleself wil antwoord: “Het ek die Here nodig?”.

Wat is jou antwoord hierop?

Plant jouself soos ‘n boom:

Dit is noodsaaklik om diep gewortel te wees, ‘n sterk grondslag te hê en baie vrugte te dra. Wanneer ek onder die eislike-groot Jacaranda-boom staan in ons tuin gaan my gedagtes na die diep wortelstelsel wat daardie eislike boom voed.  Deur in die grond te grawe, word ‘n fundamentele wortelstelsel onthul wat die realiteit van wat gesien word, weerspieël. Trouens, net onder die rand van sy voorste verlengde takke is die kraanwortels wat voeding vir die boom verskaf. Deur diep gewortel te wees, kan ons intellektuele nuuskierigheid ons siel bevorder as om chaos te veroorsaak deur die strewe na leë ondersoek.

Vrae die regte vrae, of vra glad nie, maar in die nastrewing van betekenis en doel, moet ons die belangrikheid van geopenbaarde kennis erken. Deur geloof volg ons Christus se model. Daarom het ons ‘n verantwoordelikheid om te dink, te besluit, op te tree en  te leef op ‘n manier wat ‘n korrekte mening van ons God gee.

Vra die regte vrae:

Maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Maak nie saak hoe sleg dit met jou gaan nie. Vra die regte vrae vir jouself, vir ander mense en vir die HERE, want jy kry dit waarop jy fokus.

Dawid Brits

(“Gee smaak aan jou wêreld”)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s