‘n perspektief oor lyfstraf

Volgens die Suid-Afrikaanse reg word lyfstraf in skole nie toegelaat nie. Om ‘n pakslae by die huis te kry, is egter nie teen die wet nie (alhoewel stappe gedoen word om dit ook te stop te sit of beter te reguleer). Dit beteken nie dat jou ouers jou sinneloos kan slaan en daarmee wegkom nie. As jou ouers jou voortdurend deur ‘n vorm van erge straf op ‘n ongesonde wyse te lyf gaan, sal dit as moreel verkeerd beskou word, selfs onder christene.

Ek self het nog nie kinders nie, maar ek weet dat die straf wat ek van my ouers, grootouers en onderwysers ontvang het, my gedissiplineerd gemaak het. Dit het my so te sê in die die regte rigting in gedruk. Wanneer ons twee persone sou oordeel vir goeie moreel sal ons altyd sien dat getugde  kandidate vêr meer bereik as die kandidaat wat alles toegelaat was as kind. Ons weet dat gesonde, liefdevolle en doelgerigte tug uiters nodig is.

Ons kan meer skade veroorsaak aan ons kinders deur ons monde nie in toom te hou nie as wat een of twee rapsies op die boud ooit sal reg kry. Wat help dit ons gee ons kinders nooit pakslae nie, maar ons tug hom met woorde wat ‘n baie groter inpak gaan hê op sy of haar lewe verder af in die toekoms. Ek tref onderskeid tussen verskeie maniere van ongesonde tugmetodes hetsy dit fisies of mondeling is.

Hoe om kinders te dissiplineer, kan moeilik wees om te leer, maar dit is uiters belangrik. Sommige beweer dat fisiese dissipline (lyfstraf) soos ‘n pakslae die enigste metode is wat die Bybel ondersteun. Ander dring daarop aan dat “time-outs” en ander strawwe wat nie fisiese dissipline behels nie, veel meer effektief is. Wat sê die Bybel? Die Bybel leer dat fisiese dissipline gepas, voordelig en nodig is. Wanneer ek bybel lees en probeer leer oor hoe om te dissiplineer, sien ek nie net lyfstraf raak as die enigste antwoord nie. Dit gaan dieper as dit. Dit gaan oor die hart waarmee getug word en wie se verantwoordelikheid dit is.

Jy sien, om die dissipliene net oor te laat aan die skool is verkeerd. Daarom pla die wet op verbod op lyfstraf in skole my nie. Dit is jou verantwoordelikheid as ouer om jou kind lief te hê, groot te maak, te leer en dissiplineer. Dit is hoekom dit vir ons voel die samelewing is besig om agteruit te gaan. Ons laat die hele grootmaak proses van ons kind oor aan die skool terwyl dit jou verantwoordelikheid as ouer is!

Die vraag bly dan nogsteeds: “Hoe moet ek my kind dan dissiplineer volgens die Bybel?”

Wel, volgens die bybel is dit jou plig om jou kinders te dissiplineer op die dieselfde wyse wat God Sy kinders dissiplineer…

Sluit dit defnitief lyfstraf in? Ek weet nie…vir ‘n defnitiewe antwoord…nee.

Is lyfstraf ‘n besondere en effektiewe wyse om jou kind te dissiplinineer? ja dit is!

Is dit die beste, enigste mees effektiewe manier om jou kind te dissiplineer? Nee!

Nou wat nou…?

Moenie verkeerd verstaan ​​nie – dit is nie kindermishandeling nie. ‘n Kind moet nooit fisies gedissiplineer word in die mate dat dit werklike fisiese skade veroorsaak nie. Volgens die Bybel is die gepaste en beperkte fisiese dissipline van kinders egter ‘n goeie ding en dra dit by tot die welsyn en korrekte opvoeding van die kind.

Baie Skrifte bevorder fisiese dissipline, maar jy gaan sukkel om skrif te kry wat sê dat jy jou kind MOET fisies dissiplineer. Wanneer ek dit lees val die klem egter op die vrees om jou kind te dissiplineer en nie noodwendig die metode nie. “Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie. Hy sal nie doodgaan van ’n pak slae nie. As jy hom wil red van die dood, moet jy hom juis lyfstraf gee. Ek sal baie bly wees, my kind, as jy ook ’n wyse mens word. Ek sal in my hart juig wanneer jy reg praat.“(Spreuke 23: 13-16; kyk ook 13:24; 22:15; 20:30). Die Bybel beklemtoon sterk die belangrikheid van dissipline; Dit is iets wat ons almal moet hê om produktiewe mense te wees, en dit word baie makliker geleer wanneer ons jonk is. Kinders wat nie gedissiplineer word nie, word dikwels opstandig, het geen respek vir gesag nie en vind dit moeilik om God gewillig gehoorsaam te wees. God self gebruik dissipline om ons reg te maak en ons op die regte pad te lei. (Psalm 94:12; Spreuke 1: 7; 6:23; 12: 1; 13: 1; 15: 5; Jesaja 38:16; Hebreërs 12: 9). Ons sien ook dat hierdie Soewereine Heilige Here groot stede en nasie verwoes omdat hulle van Hom weg draai, maar ons sien ook Sy genade in hoe Hy ‘n nasie kan spraar deur die geloof van een man. Dus , tug God nie net omdat Hy kan nie, maar omdat Hy beter weet as ons. Daarom moet ons tug omdat ons beter weet as ons kinders – weet dat ons dit moet doen. Wees wys oor die metode wat jy kies, en moenie die land waarin jy woon se wette ongehoorsaam wees nie.

Ten einde dissipline korrek en volgens Bybelse beginsels toe te pas, moet ouers vertroud wees met die skriftelike advies rakende dissipline. Die boek Spreuke bevat oorvloedige wysheid aangaande die opbrengs van kinders, soos: ” ‘n Pak slae en ‘n teregwysing bring wysheid; ‘n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.” (Spreuke 29:15). Hierdie vers beskryf die gevolge daarvan om nie ‘n kind te dissiplineer nie – die ouers is beskaamd. Natuurlik moet dissipline as doel die goeie van die kind beoog en moet nooit gebruik word om die misbruik en mishandeling van kinders te regverdig nie. Het jou opgelet dat hier nie ‘n gebiedende bepaling vir ons gegee word nie?

Dissipline word gebruik om mense reg te stel en op te lei om op die regte manier te leef. Geen dissipline lyk lekker op die huidige oomblik, maar is later pynlik. “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.  Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word” (Hebreërs 12:11). God se dissipline is liefdevol, soos dit tussen ouer en kind moet wees. Fisiese dissipline moet nooit gebruik word om permanente fisiese skade of pyn te veroorsaak nie. Fisieke straf moet altyd dadelik gevolg word deur die kind te vertroos met die versekering dat hy / sy geliefd is. Dit is wat my pa gedoen het. Hierdie oomblikke is die perfekte tyd om ‘n kind te leer dat God ons dissiplineer omdat Hy ons liefhet en dat ons as ouers dieselfde vir ons kinders doen.

Hierdie probleem raak moeilik rondom die feit dat regerings allerhande fisiese dissipline as kindermishandeling begin klassifiseer. Baie ouers slaan nie hul kinders nie, uit vrees dat hulle aan die regering gerapporteer word en die risiko loop dat hul kinders weggeneem word. Wat moet ouers doen as ‘n regering fisiese dissipline van kinders onwettig gemaak het? Volgens Romeine 13: 1-7 moet ouers hulle aan die regering onderwerp. ‘n Regering moet nooit God se Woord weerspreek nie, en gesonde, goed deurdagte en liefdesgeoriënteerde fisiese dissipline is Bybels gesproke in die beste belang van kinders. Om kinders in gesinne te hou waarin hulle ten minste dissipline sal ontvang, is egter baie beter as om kinders te verloor aan die “sorg” van die regering.

Dit is ‘n groter straf om arm groot te word, as wat dit is om gedissiplineer te word deur jou ouers.

In Efesiërs 6: 4 word vaders vertel dat hulle nie hul kinders moet verag nie. In plaas daarvan, moet hulle hulle op God se weë bring. Om ‘n kind in die “opleiding en opdrag van die Here” op te wek, sluit in baie praat, tergwysing, en ja, liefdevolle dissipline.

Sê ek jy MOET jou kind fisies dissiplineer en dat dit die enigste en beste metode is volgens die Bybel? NEE, beslis is dit nie ‘n moet nie. Ek sê wel, wees gehoorsaam aan die Here eerste. Wees gehoorsaam aan die wet ook. Dissiplineer jou kind. Bid vir die wysheid HOE, anders as wat deur die wet verbied word.

Nota:

Vandag die 19de September 2019 het ek in die nuus gelees van die uitspraak dat die lyfstraf finaal onregmatig is in skole en ook in die ouerhuis. Ek staan by my siening in die bogenoemde artikel.

Wees geseënd en gee smaak aan jou wêreld!

Dawid Brits

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s