GELOOF IN DIE OORTREFFENDE TRAP

Vandag is miljoene mense heeltemal self-geabsorbeerd en totaal vasgevang met hulle eie lewens. Hulle geloof in God het dus aansienlik verminder. Hulle plaas hulle hoop veel eerder op hulle eie vermoë. Die eintlike doel van die evangelie was dat ons, die mense moes verdwyn binne-in die heerlikheid van God in. Die voorhangsel is geskeur en niks verhinder ons om tot God te nader en volkome ons vaste vertroue op Hom te plaas nie. Wanneer ons ons geloof binne onsself plaas, is dit ‘n vorm van hoogmoed, en dit neem ons bietjie-vir-bietjie weg van die Here af.

Galasiërs 2:20 sê: “Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het deur Sy lewe af te lê.”

Hoekom klou ons dan nog aan ons aardse identiteit as ons as Christene nuwe skepsels is in Christus? Dit val my by dat die geloof waarvan Jesus praat wat ons in Hom moet hê nie net ‘n ‘hier-jy’ klein geloof is nie. Dit is die tipe geloof wat alles in jou lewe totaal verander. Die tipe geloof wat jou lewe net in een rigting swaai – Na die rigting van God toe.

Ware geloof in Christus is meer as net ‘n kort belydenis in ‘n kerk nadat jy ‘n kursus voltooi het, wat heel waarskynlik op jou afgedwing was weens tradisie. Dit is ‘n keuse om alles wat jy is en alles wat jy het in God se hande te plaas en Hom te vertrou daarmee. Dit is om jou vertroue te plaas in Sy beloftes, eerder as die wat jy by jouself, vir jouself uit dink…

My gevoel is dat, ons nie meer wondertekens beleef in ons leeftyd nie, omdat ons ons geloof op ander filosofieë en denkwyses plaas eerder as op die ware antwoord op al ons vrae – Jesus Christus

So wat is geloof dan?

In Romeine 4: 20-21 beskryf die apostel Paulus oor Abraham se geloof: “Hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God gewonder nie, maar is in sy geloof versterk en het aan God eer gegee. Hy was ten volle oortuig dat wat Hy beloof het, Hy ook in staat was om te doen.”

Geloof is nie net ‘wensdenking’ nie, maar dit is ‘n diep oortuiging, ‘n oortuiging dat God se woorde waar is, en dat Hy sy beloftes kan bewerkstellig. Ons geloof word sterk gemaak in Jesus Christus. Ons menslike vermoë is nie nodig om God se beloftes waar te maak nie, slegs ons vertroue in Hom.

Die Bybel praat van baie ander getroue mense. Hulle is vervolg, maar het steeds vasgehou aan hulle oortuigings en het ‘n goeie getuienis deur die geloof verkry “(Hebreërs 11:39) en God behaag. Trouens, “sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag” (vers 6).

Ons moet ook hierdie soort geloof hê. Hoe kan ons in lewende geloof groei? Lees my “Groei” reeks waar jy geleer word hoe om verskeie geestelike dissiplienes in jou lewe te beoefen.

Intussen – “Gee smaak aan jou wêreld”

Dawid Brits

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s