VRIENDSKAP BOU KARAKTER

VRIENDSKAP BOU KARAKTER – 

Ons groet goeie vriende van ons hierdie maand nadat hulle ‘n beroep na ‘n ander gemeente aanvaar het. Hierdie nuus het my swaar getref, omrede ek goeie vriende en ‘n broer-duisend nie meer gereeld gaan sien nie. Ek glo met alles in my dat die HERE hulle gaan neem na nuwe hoogtes, dit is ook my seënwens aan hulle as ‘n eenheid in die huwelik. Dit was ‘n absolute eer vir my en my vrou om te help bou aan hulle karakter. So ook het hulle sonder dat hulle dit weet, gebou aan ons sin.Ons dank hulle daarvoor. Meer as dit, dank ons die Here daarvoor.

VRIENDE VORM MEKAAR –

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet; wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang. Soos jy jou gesig sien as jy in water kyk, so sien jy jouself in wat jy dink.” – Spreuke 27:17-19

Hierdie bybelvers is ‘n baie bekende spreuke, maar onlangs het dit eers in my lewe stelling gevind. Jy kan dit net ten volle verstaan met die hulp en bystand van goeie vriende in jou lewe. Vriendskap kos ‘n prys en dit is elke ‘pennie’ werd as ons mekaar vorm en veral toelaat om self gevorm te word. Dit is wanneer ons ons harte oop maak en onsself kwesbaar maak waar ‘n goeie vriendskap sy eintlike waarde gaan toon.

SY NAAM IS THEO – 

My en Theo se vriendskap het begin toe ek myself aan hom gaan voorstel het terwyl hy daar doer in die verte van die verhoog heel nederig sy toerusting op slaan. Dit was ‘n moeilike en vreemde oomblik vir ons albei, want ons het baie van mekaar gehoor by ander mense (wat die natuurlike gang van sake is as iemand nuuts by die span aansluit). In daardie oomblik wat ons mekaar se blad skud en in ons vir die eerste keer in ons ‘mededinger’ se oë kyk, het ons elkeen die ander  saggies geweeg en gemeet om te bepaal hoe dit ons posissie hier by Kerk gaan bëinlvloed.

Dit is onvermydelik. Min gaan dit erken, maar dit is ‘n realiteit van die musiekbediening. Elkeen stres maar so bietjie oor wat gaan gebeur wanneer iemand nuuts by die deur in stap, maar wat met my en Theo gebeur het, glo ek, was deur die HERE beplan, sodat Hy ons kan vorm en bietjie aan ons karakter skaaf en bou. Hy het elkeen van ons se potte totaal gebreek en ons deur hierdie vriendskap herbou.

Ons vriendskap het geweldig gegroei omdat ons albei ‘n gemeenskaplike belangstelling deel naamlik – Kitare. Ons slaap, dink, eet, praat en speel kitare en kitaar-toerusting. Ons praat ook so nou en dan oor hoe mooi ons vroues is…

Maar die meeste van die tyd praat ons oor musiek, kitare en hoe ons kan groei in ons aanbidding. Meer as dit het ons albei ‘n belangstelling, en ook op ons eie maniere, in die wonderlike God wat ons dien. Ons slyp mekaar met beginsels uit God se woord, daag mekaar gereeld uit. Ons drink gereeld koffie en praat oor die sorge van die lewe en hoe ons dit kan oorwin. Dit is ‘n ware vriendskap, die tipe waarvoor ander hulle oë maklik rol. (Veral as ons begin praat oor musike toerusting)

Deur hierdie gemeenskaplike belangstelling het ek ook geleer wie Theo is. Jy kan vining agter kom wie en wat ‘n person is deur te kyk na sy belangstellings, maar die eerste iets wat ons leer oor Theo is in die betekenis van sy naam –

Theo beteken: “God-Given”. In my mooi Kimberley Afrikaans: “Deur God gegee”; “Geskenk deur God” of selfs deur “God Gestuur.”

Theo is ‘n “God-Given” man, dis onvermydelik. Ons sien dit in alles wat hy gedoen het vir hierdie gemeente. Die innoveringsgees en aanpak van nuwe interesante take, ‘n helpende hand oorals waar hy loop. Ek ken hom as ‘n man wat heeltyd nuwe dinge en maniere soek. Altyd ontevrede met die ‘hoe en die nou’. Sy oë dwaal rond opsoek na nuwe manier om iets te doen. (Soos om kitaar en dromme gelyktydig te speel terwyl hy sing en aanbidding lei). Hy is heeltyd bewus dat daar  êrens doer in die verte ‘n nuwe horison is, ‘n horison waarna die HERE hom wil stuur.

Hy is ook op my pad gestuur, en deur hierdie jonger man,  deur hierdie broer en vriend-duisend het die Here my geleer presies hoe om vriende te maak. Hoe om myself kwesbaar te maak, vatbaar vir teregwysing en hervorming in Christus. Mag jy die leser, ook deur die Here so  geseënd wees, om so vriend te kan hê soos wat ek nou tans het.

Dit is ‘n langdurige en duursame proses om vriende met iemand te maak. Veral iemand wat kompetisie vir jou kan wees. Dus is vriendskap en verhoudings deur God in gestel om ons te slyp.

YSTER SLYP YSTER –

Toe ek moes gaan bid en dink oor wat ek vir en oor Theo en Bernise moet skryf, kom een skrif by my op: Die uitdrukking “yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” Daar is wedersydse voordeel in die vryf van twee yster lemme teenmekaar; die rande word skerper, maak die lemme meer doeltreffend in hul taak om te sny en sny. Net so is die Woord van God ‘n “tweesnydende swaard” (Hebreërs 4:12), en dit is daarmee saam dat ons mekaar moet sny – in tye van ontmoeting, vriendskap, kameraadskap of enige ander interaksie.

Die spreekwoord dui ook op die behoefte aan konstante gemeenskap (Nie seks nie!) met mekaar. Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie, ons sien dit in Genesis, ons sien dit in die verhoudings tussen Dawid en Jonatan en ook Paulus en Timoteus. Vriendskap en Liefde vind ons duidelik dat dit deur die heiliges van die vroeë kerk erken is. Hulle het hulself toegewy aan onderrig, vriendskap, liefde en gebed, in alle aktiwiteite wat geleenthede bied om mekaar te verskerp. (Hand. 2: 42-47).

Die geure van goddelike eenheid en broederliefde is die beste in die verhouding tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul. Toe Dawid heeltemal agtervolg word deur Saul, het Jónatan Dawid gesoek “om hom te help om krag in God te kry” (1 Samuel 23:16). ‘Yster slyp yster’ is ‘n geleentheid om die opdrag van Christus te vervul. Die apostel Paulus sê dat ons die kwessies en laste wat ons daagliks ervaar, moet dra en deel, om oor persoonlike sonde te kla, te adviseer oor hoe om die beste daarvan te bekeer, en verheug te wees oor die oorwinning daarvan

As ‘n mes stomp is, bly dit steeds ‘n mes, hoewel dit minder effektief is, minder nuttig in diens. Teveel wat as gemeenskap in die moderne kerk gesien word, is gemik op kos en pret, nie om mekaar te verskerp met die Woord van God nie.

Uiteindelik sal ‘n mes wat geskerp is, ook meer skyn omdat al die vuilis en roes van sy oppervlak afgevee is. Net so sal ons beter vir ons Here skyn as ons die bogenoemde dinge konsekwent doen, wat ons almal in harmonie sal verenig.

“Hoe goed en aangenaam is dit wanneer broers saam woon in eenheid” (Psalm 133: 1). Daarom, soos die outeur van die Hebreërs sê, “En laat ons oorweeg hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. Kom ons gee nie op om saam te gaan nie, soos sommige van die gewoonte is om te doen, maar laat ons mekaar aanmoedig – en des te meer soos u die Dag sien nader “(Hebreërs 10: 24-25).

 GEVOLGTREKKING – 

Vriende is nodig. Dikwels dink ons dat ons alles in die lewe alleen kan aanpak, maar die waarheid is, dat indien ons so baie van onsself dink dat ons alles reg kan doen, veral as jou natuurlike gawes en vermoëns vloei in ‘n sekere rigting, is ons nie besig om God daarmee te vereer nie. Meer spesifiek kan ‘perfektionisme’ as hoogmoed gesien word.

Ons het mekaar nodig, veral wanneer jou talent nie genoeg is nie. Saam is ons sterker en beter. Harde werk en goeie vriendskappe hou jou gesond. Heg waarde aan hierdie beginsel en hou jou vriende naby en wees jy ook naby genoeg.

Ons verstaan ons verhouding met God beter wanneer ons verwysingsraamwerk vriende in sluit. Onthou dat ons in ‘n nuwe verbond met God staan. Een wat gebaseer is op ‘Verhouding’.

Amen –

Dawid Brits

“Gee smaak aan jou wêreld.”

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s