GEE SMAAK AAN JOU WÊRELD

“Gee smaak aan jou wêreld”. Hierdie slagspreuk koester die idee dat ons allerdaagse lewens God kan verheerlik. In hierdie proses mag ons nie verslaan as die sout van die wêreld nie, maar moet volhard in ons geloof, vasgebind bly aan Christus en ‘n impak maak op die wêreld rondom ons.  Wanneer sout verslaan het, is dit niks meer werd nie. Hier kan jy gëinspireer word om te klou aan jou waarde deur jouself te verbind aan die waarheid.

“God se plan is dat ons die wêreld binne dring. Sout het niks mag net in ‘n elegante klein soutkelder bly nie; ons moet in die sekulêre gemeenskap in gevryf word, soos sout in vleis gevryf word, om te keer dat dit sleg word.”

“Wanneer die samelewing hul slegte kant wys, is ons geneig om ons hande in vroomheid in die lug op te gooi en die nie-Christelike wêreld te verwyt; maar moet ons ons nie liewer smaad nie?”

“Mens kan ongesoute vleis skaars blameer om sleg te gaan. Dit sal altyd sleg word. Dit is wat dit is. Dit kan niks anders doen nie. Die regte vraag is: Waar is die sout?”

HOE OM HIERDIE WEBWERF TE NAVIGEER:

“Hart op die tong” –     Artikels oor dit wat ons op die hart het.

“Vurk in die hef” –       Artikels wat dieper delf in onduidelike kwessies.

“Wie heuning wil eet” – Artikels wat jou gaan help in praktyk.

“Algemeen” – Algemene kennisgewings en/of artikels.

“Op ‘n ligter noot”  – Artikels met ligter inhoud.

“Valse leerstellings” – Hier vind jy artikels oor verkseie valse leerstelings.

“Boek resensies” – Resensies oor vele boeke wat ons gelees het.

Daar mag in die nabye toekoms ander katogorieë gevoeg word soos die webferf groei.  Mag hierdie webwerf dien as ‘n nuttige bron op jou geestelike en kundige reis!